'n Video-reeks vir elke vrou wat emosionele pyn in haar hart dra.

Flourish as a women

Soveel vroue loop met seer in hulle harte.

Jarelange emosionele pyn en wonde wat net nie voel of dit weggaan nie.

In die reeks leer ek jou hoe om jou pyn oor te gee aan God en Hom te vertrou met die seer in jou hart.

Waaroor gesels ons?

Deel 1

  • Gee jou seer vir God

  • Emosies is nie die probleem nie

  • Emosies en jou geestelike lewe

  • Feite oor emosies

  • Jesus ontmoet jou in jou seer

  • Jou hart is belangriker as wat jy dink

  • God wil jou hart hê

Deel 2

  • Hoe werk jou emosies

  • Christene is nie gevrywaar teen moeilike emosies nie

  • Erken en verwoord jou emosies

  • Emosies is deel van jou lyf wat die Here aanmekaar geweef het

  • Verbreed jou kennis oor emosies

Deel 3

  • Verwerk jou emosies

  • Was jy al ooit skaam vir jou emosies

  • Wees ingestel en luister na jou emosies

  • Intensiteit van jou emosies

  • Drie dinge wat jy kan doen om jou emosies te hanteer en jou hart by God uit te pak

Deel 4

  • Deernis en wat dit beteken

  • Deernis help jou om seerkry te verwerk

  • Verstaan jou eie seer

  • Aanvaarding beteken nie goedkeuring nie

Kry dit nou vir slegs R97

Ek help vroue met persoonlike ontwikkeling om meer selfvertroue te bou, veerkragtig en geestelik sterker te wees om 'n doelgerigte lewe te leef.

Lana Fourie

Vir elke vrou wat emosionele pyn in haar hart dra.

Ek het hierdie reeks gedoen in my Floreer as vrou lidmaatskap en besef soveel vroue loop met emosionele pyn in hul binnekant, maar weet nie hoe om dit uit te sorteer of oor te gee aan God nie. Ek het besluit om dit as 'n reeks op sy eie beskikbaar te stel. Ek hoop hierdie kan jou help om jou seer uiteindelik by Jesus se voete neer te lê.

Hoe werk dit en wie sal waarde hieruit kry:

Vir wie is hierdie video-reeks?

Vroue wat vashaak in hulle pyn uit die verlede, selfs al het hulle vergewe.

Aanlyn teen jou eie tempo

Jy kry aanlyn toegang met 'n wagwoord en jy kan dit op jou eie tyd deurwerk.

Wat sluit dit in?

Dis opgedeel in 4 video's om dit makliker te maak om te absorbeer.

Jy sal elke dag, vir 4 dae in 'n ry toegang kry tot jou e-pos en video.

Kry dit nou vir slegs R97