
Seerkry en emosies kan oorweldigend raak. Baie mense sukkel met emosies en bly emosioneel ongesond en probeer uit al die seerkry kop bo water hou in die lewe. Mense weet nie altyd hoe om dit te bestuur nie en soms is dit makliker om dit te ignoreer, maar dit skep ander probleme in jou lewe.
Intense emosies soos woede, kwaad, jaloesie en teleurstelling, is 'n uitdaging vir meeste mense. Soms glo Christene hierdie emosies is verkeerd en hulle behoort dit nie te hê nie. As hulle dan hierdie emosies ervaar voel hulle skuldig, maar om hierdie emosies te ervaar is nie die probleem nie, dis menslik. Die probleem kom wanneer iemand ontken dat hulle hierdie emosies het en ook nie weet hoe om dit te bestuur nie. Jou optrede is baie belangrik wanneer jy hierdie emosies ervaar.
Emosies is wat mense met mekaar verbind en verhoudinge meebring. Dis juis wat maak dat ons kan empatie en simpatie met mekaar hê. AI (Artificial Intelligence) kan al die regte emosionele woorde vir jou sê, maar dit kan nie meegevoel met jou hê nie. AI sal nie die menslike konneksie kan vervang nie, dit sal kunsmatig bly.
Mense met 'n gesonde emosionele welstand bou gewoonlik ook gesonder verhoudinge. Wanneer ons op 'n gesonde emosionele plek is, dan is ons lewens meer in balans. Ons het ook beter oordeelsvermoë in verhoudinge wanneer ons meer emosioneel gesond is.
Ek verduidelik graag die beeld van 'n soldaat wat gewond is wat nie 'n ander soldaat kan help nie. Dis waarom ons iemand beter kan help en ondersteun wanneer ons self op 'n beter plek is.
Emosies is menslik, om dit te onderdruk is gevaarlik!
Geskryf deur: Lana Fourie
27 April 2026
Emosies is menslik, om dit te onderdruk is gevaarlik!

Jou inligting word gebruik om jou gratis video te stuur asook vir verdere kommunikasie rakende kursusse en verwante inligting.