
Create a powerful brand's identity
Is selfvertroue jou vriendin of jou vyand?
Selfvertroue vorm die basis van amper alle fasette van jou lewe. Sonder goeie selfvertroue twyfel jy heeltyd in jouself, jy is baie meer krities op jouself en jy kan selfs wonder of jy ooit goed genoeg is. Dalk wonder jy of mense ooit van jou hou? Jy lewe heeltyd in self-twyfel en vrees.

Selfvertroue vs Selfbeeld
Selfbeeld definieer nie noodwendig selfvertroue nie, maar dit sluit wel bymekaar aan. Jy kan nie jou selfvertroue op jou uiterlike bou nie. Wat sal gebeur wanneer jy ouer word en jou jeug vergaan? Gaan jy dan jou selfvertroue verloor? Jou selfvertroue kan dus nie net bestaan uit hoe jy lyk nie. Aan die ander kant is daar selfs supermodelle wat ook sukkel met selfvertroue.
Selfvertroue het meer te doen met of jy in jouself en jou vermoëns as mens glo. Vertrou jy jouself om jou eie besluite te maak? Een van die beskrywings wat ek gewoonlik gebruik is om 'n gesonde gebalanseerde siening van jouself en jou vermoëns te hê. Jy moet kan eerlik wees met jouself en jouself regtig leer ken. Wanneer jy jou sterk- en swak eienskappe ken, dan weet jy wat jy goed kan doen en wat nie. Almal is nie goed in alles nie.
Eintlik kan ek baie sê oor selfvertroue en dit sal ook verskillende areas van jou lewe behels. Dalk het jy selfvertroue in jou werk, maar minder selfvertroue tussen jou vriende. Vertrou jy jouself om net jouself te kan wees, of leef jy heeltyd volgens ander mense se verwagtings want jy is bang niemand aanvaar jou vir wie jy is nie? Is jy afhanklik van ander mense se opinies?
Selfaanvaarding sal ook help om jou selfvertroue te bou. Niemand hou van alles rondom hulleself nie, maar mense met gesonde selfvertroue aanvaar hulle minder goeie einskappe en fokus eerder op hul sterk punte. Hulle is meer tevrede met hulleself.

Selfsorg
Mense met lae selfvertroue is geneig om hulleself af te skeep.
Om aan jouself aandag te gee is nie selfsugtig nie. Ons moet leer wat die verskil is tussen selfsug en selfsorg. Jy het ook nodig om jou emmertjie vol te kry voordat jy weer iets het om uit te deel.
Vroue veral is geneig om heeltyd vir almal om hulle reg te staan en dan sleg te voel wanneer hulle vir hulleself tyd inruim.
Onthou, jy kan slegs uitdeel wat jy het. Indien jy geen energie oorhet nie, hoe gaan jy dit kan gebruik om goed te doen aan die mense om jou.
Vroue kan ook dink hulle moet die heeltyd "nice" wees en sommige sukkel selfs om nee te sê vir mense, anders voel hulle dat hulle nie meer "nice" is nie. Wel, jy kan "nice" wees en steeds na jouself kyk en ook grense stel.
Hier is 'n "self-care planner" wat jou kan help om beplanning te doen om beter na jouself te kyk. Jy moet tyd inruim hiervoor.
Eienskappe wat sal jou help
Eerlikheid
Wees eerlike met jouself en erken wat jy kan doen en nie kan doen nie. Leer jouself ken.
Selfaanvaarding
Probeer jouself meer aanvaar net soos jy is, al het jy foute, almal het foute.
Vertroue
Vertrou jouself om dinge te doen. As jy later agterkom dit was nie die regte besluit nie, dan kan jy leer daaruit en anders besluit volgende keer.
Respek
Respekteer jouself en ander mense.
Kennis
Bou kennis op rondom jouself. Waarvan hou jy en waarvan nie? Soos jy ouer word verander jy ook omdat jy groei.
Ervaring
Bemagtig jouself met kennis, doen 'n kursus of twee om jouself op te skerp. Hoe meer jy iets doen, hoe meer vertroud raak jy daarmee en hoe meer selfvertroue sal jy bou.
Besluit in watter area in jou lewe jy selfvertroue wil bou en doen kennis en ervaring op en bemagtig jouself. Dalk wil jy beter wees in jou werk of in jou persoonlike lewe. Dis iets wat net jy kan besluit. Ander mense kan ook nie selfvertroue namens jou bou nie, net jyself kan dit doen.
Iets om te onthou: Niemand is heeltyd vol selfvertroue nie, al lyk dit vir jou so.
The Workflow
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum ducimus.
Step One
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim.
Step Two
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim.
Step Three
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim.
Plans that match your growth journey
Plan one
$50
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Plan two
$95
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Plan three
$140
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Lorem ipsum dolor
Hear from Our Clients
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum ducimus.
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum.
Emma Johnson
Project Manager
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum.
Liam Carter
Software Developer
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum.
Sophia Ramirez
Marketing Specialist
50,000+
Tasks Completed
2M+
Active Users
98%
Customer Satisfaction
Ready to turn your vision into reality?
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit. Autem dolore, alias, numquam enim ab voluptate id quam harum ducimus cupiditate.
Discover the Power of Social Media Success with Us!
Built with systeme.io | Privacy policy | Legal | Terms and conditions